ALTERNATIEWE DRYFMIDDELS
Wat moet ek as verbruiker weet?

Die herlaaimark onder jagters en skietgeesdriftiges in Suid-Afrika is ontsettend groot. Uit die aard van die saak is een van die kernprodukte die dryfmiddel waarmee hierdie geweereienaars herlaai. Die dryfmiddel is die absolute sentrale punt van wat alles binne-in die gelaaide patroon gebeur. As gevolg van die magdom verskillende kalibers en dopgroottes moet daar dryfmiddels met verskillende ontbrandings-tempo’s beskikbaar wees. Hierdie artikel poog om bepaalde onsekerhede uit die weg te ruim en feite oor ingevoerde dryfmiddels te deel. Met ons plaaslike poeiervervaardiger Somchem wat tans alle produksie gestaak het, is daar baie herlaaiers wat kopkrap. Hierdie artikel behoort lig op donker vrae te werp.

Hoe het die vraag na alternatiewe dryfmiddels ontstaan?
Soos reeds genoem, het Somchem se aanleg tot stilstand gekom weens ’n brand ’n ruk gelede. Beskikbaarheid is slegs een rede waarom alternatiewe dryfmiddels deur maatskappye soos Inyathi Sporting Supplies ingevoer word. Nog ’n rede is dat poeiers wat in Amerika en Europa vervaardig word, baie kleiner toleransies het as waaraan Suid-Afrikaanse herlaaiers gewoond is. ’n Verdere rede is om die gapings tussen poeiers wat wel plaaslik beskikbaar is (was?) te vul. Stuur gerus ’n e-pos na karla@wildlifehunt.co.za om ’n volledige lys te ontvang van die verskillende tempo’s van die vyf handelsmerke (Somchem, Norma, Vihtavuori, IMR, Hodgdon) wat in hierdie artikel bespreek word.

Vergelyking tussen dryfmiddels
Baie herlaaiers weet nie waar om te begin soek as die kruit waarmee hulle tans herlaai, nie meer beskikbaar is nie. Hoewel Google ’n mens se vriend is, is hierdie eenvoudige tabel ’n vinnige riglyn:

Hoe seker is ek van ’n konstante stroom van die nuwe dryfmiddelfabrikaat wat ek wil gebruik?
Dis ’n algemene vrees en die rede waarom jy juis nóú moet verander – die konstante stroom van die produk wat jy altyd gebruik het, kan opdroog. Inyathi gee verbruikers die versekering dat hoewel die eerste besending ’n administratiewe nagmerrie was en ongelooflik baie tyd in beslag geneem het, die kinkels nou uit die kabel is. Baie stappe is in plek gesit en dit was ’n groot leerkurwe, maar die pad is nou as’t ware geteer vir die konstante instroming van IMR- en Hodgdon-handelsmerke. Solank die verskaffer dryfmiddel kan lewer, sal Inyathi dieselfde kan doen mits die wetgewing in Suid-Afrika nie radikaal verander nie.

Hoekom is die ingevoerde dryfmiddel soveel duurder as plaaslik vervaardigde poeiers?
Daar is verskeie redes, waarvan die grootste een vervoer is. Die poeier word vanaf ’n fabriek in die VSA tot by ’n hawe daar vervoer. Daarna word dit per skip na Suid-Afrika gebring en van ons plaaslike hawe af weer na ’n geakkrediteerde bergingsaanleg vervoer. Van die bergingsaanleg word dit na Pretoria (Inyathi) geneem, van waar dit ten slotte na wapenwinkels landwyd versend word. Dit is dus ’n paar ekstra pad- en seemyle wat ’n ingevoerde blikkie kruit moet ry en vaar. Die belastingheffing op die produkte moet ook in gedagte gehou word; dit geld vir enige ingevoerde produk en dit stoot die kostes baie op. Laastens is dit ’n gelisensieerde produk wat net soos plaaslike kruit deur die nodige stappe moet gaan. Die nadeel is die ekstra administrasie vanweë die feit dat dit ingevoer word.

Werkverrigting
Die dryfmiddels is nou al ’n jaar of twee vrylik by vooraanstaande wapenwinkels landwyd beskikbaar. Ons deel graag ’n paar foto’s van kliënte sowel as topskuts wat oorgeslaan het na die ingevoerde dryfmiddels wat by Inyathi Sporting Supplies beskikbaar is:

6mm Creedmoor, 105 gr Nosler Custom Comp en IMR4350 op 200 m – Jacques Obermeyer

SA top- jaggeweerskut, Jaco Brink – 6mm Creedmoor op 100 m, drie skote met Hodgdon H4350

Stefan Fouché – 6XC met IMR4350 op 200 m

Safari Outdoor STB-kliënt op 100 m

Kontakbesonderhede
Kontak gerus vir Inyathi Sporting Supplies indien jy enige inligting oor die handelsmerke verlang of ander vrae het. Ons kan ook help met tegniese advies rakende brosjures en herlaaihandleidings. Verder kan ons aandui waar jou naaste handelaar wat die Hodgdon- en IMR-poeier aanhou, geleë is. Indien jou plaaslike handelaar nie ons produkte aanhou nie, stel ons gerus in kennis en ons sal met hulle in verbinding tree. Skakel Inyathi by 012 808 9911 of stuur ’n e-pos na info@inyathi.net

Back to articles