Kommentaar | Comment

Iets anders / Something different

Deel van die jagavontuur is om saans saam met familie en vriende om die bosveld-TV te sit en oor die dag se ervarings te gesels – die kwessies van kommissies, ekonomie en fronte vir eers vergete. So het die onlangse artikel “Rugsakjag” (WILD & JAG, Julie 2019) oor hoe ons die gevoel van jag kan terugkry, asook die Vat Die Spoor-episode oor dieselfde onderwerp, heelwat positiewe reaksie by ons lesers en kykers uitgelok. Vir baie is dit ’n nostalgiese herinnering aan hoe daar al gejag is. Vir ander weer is dit ’n nuwe avontuur om na uit te sien, iets anders om te doen.

In “Terug na Langkloof” op bl 14 deel Stefan Fouché sy persoonlike opinie dat die tyd lankal verby is dat ’n mens skuldig hoef te voel omdat jy lus is om iets anders of besonders te jag. Wat hom wel effens pla, is dat daar steeds manne is wat om kampvure, geweertoonbanke of kantoortafels sit en kritiseer as dit kom by die jag van ’n bok met ’n ander kleur baadjie aan as waaraan ons gewoond is. Die jagervaring bly dieselfde en die biltong wat aan jou motorhuis se dak hang, smaak net so lekker soos dié van ’n gewone bok, al betaal jy ’n premie vir die unieke vel in jou trofeekamer, verduidelik Stefan. Vir die gesoute, puristiese jagters wat gewetensbeswaar teen die jag van kleurvariante het, het Stefan net een versoek: Hy sal sy hoed afhaal, hul opinie eerbiedig en hulle in stilte laat verbygaan, indien hulle vir hom dieselfde sal doen.

On the topic of doing something different, there is no better way of getting to know a gun than practical experience – and to have fun while doing so. This is exactly what the Safari Outdoor sales representatives did when they teamed up with the Inyathi Sporting Supplies group for a training session on the Browning 525 and B725 over-and-under 12 ga shotguns at Beulah Wingshooting outside Settlers. Read on p 42 how they first put the guns through their paces at the clay pigeon station before setting out for the sunflower fields to help reduce the pigeon population that can cause great damage to these precious crops.

Dis verblydend dat daar die afgelope paar maande ’n toename in eerstekeer-kopers in die wildbedryf was, skryf dr Flippie Cloete op bl 72. Volgens hom is dit ’n duidelike teken dat die wildbedryf teen huidige prysvlakke steeds ’n aanloklike, alternatiewe grondgebruikopsie is. Die verlangsaming van kommersiële diere se pryse het tot gevolg dat meer telers en/of wildboere begin om die plaaslike jagmark as bemarkingskanaal te gebruik – ’n positiewe teken omdat dit tot die volhoubaarheid van die bedryf kan bydra.

Die toename in eerstekeer-kopers was opmerklik by die Wintershoek-veiling, waar verwagtinge oortref is deur pryse behaal vir diere van suiwer bloedlyne en diverse geenpoele uit beproefde genetika, afkomstig van Unyati. Wintershoek het die ekstra myl geloop in terme van gedrukte, sosiale, digitale en persoonlike bemarking vir die veiling, en het groot lof gehad vir die ondersteuning van die groot, jong en nuwe kopers. Lees op bl76 hoe die harte warm geklop het op dié veiling.

In “Field Report” on p 78, we give feedback on the living, world-record kudu bull, Mr Wow. Measuring an impressive 752/8“, this bull is jointly owned by Elandsberg Nature Reserve and Tembani Wildlife. Although only nine years old, it was decided to capture and measure this exceptional bull one last time as they did not want to “mess with him any more”, preserving the exceptional Elandsberg kudu genetics.

Enjoy the read!

Wildbedryfgroete

Game industry greetings

Hennie van der Walt